NTB moet meer geld kry, speel kritieke rol vir toerisme in die land

Die Namibiese Toerisme-raad is uiters belangrik vir die toerismebedryf in die land. Daar is kommer na die ouditeur-generaal Junias Kandjeke gesê het die raad het likiditeitsuitdagings. In sy oudit vir die 2020-2021 boekjaar sê hy die raad sal uitdagings hê om sy verpligtinge na te kom. Nathaly Ahrens van die Toer- en Safari-vereniging van Namibië, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat, en sê die raad moet meer befondsing ontvang.