Mbalula: Geen dokumentasie van 1 480 Prasa-werkers  

Die Suid-Afrikaanse minister van vervoer, Fikile Mbalula, sê ʼn voorlopige ondersoek het aan die lig gebring daar is geen persoonlike dokumentasie op rekord van 1 480 werknemers van Prasa nie. Mbalula het ʼn vorderingsverslag bekendgemaak oor die vrywillige verifiëring van personeel tydens die ondersoek na spook-werknemers by die padagentskap. Altesaam 14 268 uit die 17 268 werknemers op Prasa se betaalstaat het vir verifiëring aangemeld. Mbalula sê 1 159 werknemers het in hierdie tydperk bedank.