Alex Baldwin dagvaar vier mense oor skietvoorval op Rust-filmstel 

Amerikaanse akteur Alec Baldwin het ’n regsgeding teen vier mense wat betrokke was by die Rust-film aanhangig gemaak. Hy het gesê hulle was nalatig om vir hom ’n geweer te gee wat afgevuur kon word. Baldwin het op 21 Oktober 2021 per ongeluk vir Halyna Hutchins, die kinematograaf op die filmstel van Rust, doodgeskiet. Baldwin dagvaar die rolprent se wapens-en-rekwisiete-assistent, Hannah Gutierrez-Reed, assistent-direkteur David Halls, rekwisietemeester Sarah Zachry en Seth Kenney, wat gewere en ammunisie aan die filmstel verskaf het, volgens hofdokumente in ‘n Los Angeles-hof. Baldwin se klag volg op ‘n saak wat verlede jaar deur die draaiboek-toesighouer Mamie Mitchell teen hom en ander op die stel gemaak is oor hul beweerde rol in die skietery, wat aan haar groot emosionele trauma veroorsaak het.