Oekraïne maak weer beskuldigings van oorlogsmisdade in Kherson
Oekraïne se president Volodymyr Zelensky beskuldig Russiese soldate van oorlogsmidade en moord op burgerlikes in Kherson. Die stad was die enigste streekshoofstad wat Rusland sedert die inval in Februarie kon oorneem, maar dit is Vrydag deur Oekraïnse magte bevry. Zelensky beweer ondersoekers het meer as 400 oorlogsmisdade in Kherson blootgelê nadat Russiese magte onttrek het. Hy sê hulle het liggame van burgerlikes en soldate gevind.