SA doen nie genoeg om fluitjieblasers te beskerm nie

Navorsing deur ‘n doktorale student aan die Universiteit van Noordwes, Johandri Wright, wys min word gedoen om fluitjieblasers in Suid-Afrika doeltreffend te beskerm. Dit het na vore gekom terwyl die moordverhoor van die voormalige finansiële hoofdirekteur van die Gautengse Departement van Gesondheid, Babita Deokaran, Vrydag hervat word. Deokaran was op die punt om korrupsie in die departement bloot te lê toe sy in Augustus 2021 buite haar huis in Johannesburg in ‘n sluipmoord gesterf het. Wright sê Suid-Afrika se fluitjieblaser-regime is te beperk, wat talle mense blootstel: