M&Z Motors borg 4×4-ambulans

M&Z Motors het ‘n 4×4 Mahindra-ambulans aan die Namibia Marshal Rangers geskenk. Die bystand sal dit volgens Sean Naude moontlik maak om gedurende die feestyd aan die kus bystand in moeilike gebiede te bied, sowel as in afgeleë plekke en op onbegaanbare roetes. M&Z Motors staan reeds die groep vrywilligers ‘n geruime tyd by en Naude sê hulle is uiters dankbaar.