Vrou vermoor ouma, gebruik haar bankkaart, Sassa-voordele

‘n Vrou van Soweto gaan lewenslank tronk toe vir die moord op haar ouma. Die Hooggeregshof wat in Palm Ridge sit het Nomaswazi Tshabalala ook tot ‘n bykomende 25 jaar gevonnis op 24 aanklagte van bedrog en diefstal van die slagoffer se bank- en Sassa-kaart. Die beskuldigde het skuld beken en erken sy was onder die invloed van dwelms toe sy die bejaarde vrou ná ‘n onderonsie vermoor het.