DA: Gautengse premier moet dringend met polisieminister vergader

Die DA in Gauteng sê die premier, Panyaza Lesufi, moet dringend met die minister van polisie, Bheki Cele, in gesprek tree om te verseker polisiestasies wat Westbury, Riverlea en Diepsloot bedien, voldoende toegerus is om misdaad te bekamp. Crezane Bosch van die DA sê die inwoners leef in vrees weens voortdurende vuurwapen-geweld, maar as gevolg van die ernstige tekorte aan hulpbronne, doen die polisie nie genoeg om hulle te beskerm en misdaad te bekamp nie.