2024: Trump sê volgende week

Die Amerikaanse President Joe Biden sê die tussenverkiesing is ‘n keuse tussen twee baie verskillende weergawes van Amerika. Daar is 435 setels in die Huis van Verteenwoordigers, 35 setels in die Senaat, 36 staatsgoewerneurskappe, drie goewerneurskappe in Amerikaanse gebiede en talle burgemeesters- en plaaslike ampte op die spel. Peilings toon dat die Republikeine hoogs waarskynlik ‘n meerderheid in die Huis sal kry en moontlik ook die Senaat sal oorneem. Biden het herhaal daar word in die tussenverkiesing vir demokrasie gestem. Intussen wag almal op hete kole om te hoor of Donald Trump homself verkiesbaar sal stel vir 2024, of nie. Hy het in Dayton, Ohio dit so gestel…