14 Springbokke in wedstrydgroep teen Munster 

Rugby: Die afrigter van Suid-Afrika-A, Mzwandile Stick, het 14 Springbokke in sy wedstrydgroep ingesluit vir Donderdag se week-wedstryd teen Munster in Cork. Aphelele Fassi, Cornal Hendriks, Johan Goosen en Herschel Jantjies is die Bokke in die agterlyn. Jean-Luc du Preez, Elrigh Louw, Ruan Nortjé, Jason Jenkins, Thomas du Toit, Ntuthuko Mchunu en Joseph Dweba sal hulle toets-ervaring deel, terwyl Du Toit die span lei. Nog drie Bokke – Dan du Preez, Sikhumbuzo Notshe en Grant Williams – is op die bank.