Namibiese inlyn-hokkievroue in halfeindstryd by Wêreldskaatsspele

Die Namibiese junior hokkievroue speel om ses-uur vanaand Namibiese tyd in die halfeindstryd by die Wêreldskaatsspele 2022 se inlynhokkie-kampioenskap in Buenos Aires, Argentinië. Die Namibiese junior vrouespan is ‘n gunsteling vir die goue medalje en in die top-posisie in die poelfase ná vyf weghol-oorwinnings teen Amerika, Argentinië, Colombië, Brasilië en Italië. In die ander halfeindstryd sal die VSA en Colombië teen mekaar te staan. Die eindstryd vind môreaand plaas.