Maak jou dieseltenk vanaand vol

Verbruikers word daaraan herinner om hul voertuie se tenks vol te maak voordat groot brandstofprysverhogings om middernag in werking tree. Die dieselprys styg met 1 dollar 98 sent en ‘n liter sal dan 24 dollar 53 sent per liter in Windhoek kos. Die petrolprys is onveranderd. In Suid-Afrika lyk dinge nie veel beter nie. Die dieselprys daar styg met een Suid-Afrikaanse rand-43 sent per liter, en petrol met 51 sent ‘n liter. In Gauteng sal ‘n liter diesel jou 25 rand 49 sent per liter kos. Internasionale tekorte aan diesel en die uiters sterk Amerikaanse dollar word blameer vir die skerp styging.