Handelsministerie het kommer oor die skending van vebruikers se regte
Die Namibiese handelsministerie sê hy neem met kommer kennis van verskeie verbruikersregteskendings en sê daar is ‘n dringende behoefte om onbillike kommersiële praktyke wat besighede en verbruikers raak, aan te spreek. Volgens die minister, Lucia Iipumbu sluit die uitdagings bemarking taktieke, advertensieveldtogte, promosies en somtyds, oneerlike praktyke, wat daarop gemik is om verbruikersbesluite te beïnvloed. Iipumbu sê die doeltreffende beskerming van verbruikersregte is ‘n noodsaaklike komponent. Sy sê sy is vol vertroue dat die verbruikersbeskermingsbeleid, suksesvol geïmplementeer sal word en daardeur die gewenste resultate sal lewer.