Vrystaat oorhandig noodsaaklike items vir Jagersfontein-ramp 

Die Vrystaatse LUR vir maatskaplike ontwikkeling, Motlagomang Qabathe, oorhandig vandag in Mangaung-munisipaliteit noodsaaklike items aan provinsiale amptenare wat deur die Jagersfontein-ramp geraak is. Dit kom nadat ‘n myndam verlede maand ineengestort het wat tot oorstromings in die gebied gelei het. Die woordvoerder van die departement, Lindiwe Mnguni sê sowat 164 huise is beskadig.