Kenia se nuwe saadwet wek kommer
Greenpeace Afrika het sy kommer uitgespreek oor Kenia se wet op saad- en plantvariëteite. Die wet verbied boere om inheemse saad wat nie geregistreer of gesertifiseer is nie, te deel, uit te ruil of te verkoop. Die wetgewing straf oortreders met tronkstraf van tot twee jaar of ‘n boete, of albei. Greenpeace Afrika sê boere gebruik inheemse saad reeds eeue lank om kos te kweek en landbouverskeidenheid te handhaaf. Hy voeg by dat dit ‘n antieke praktyk is om saad te bewaar en te deel en dit het gemeenskappe teen honger en wanvoeding beskerm.