Okahandja: Minister sê leierskap ontbreekSeptember 29, 2022

Die Namibiese minister van stedelike ontwikkeling Erastus Uutoni sê ‘n besoek deur hom aan die beleërde munisipaliteit van Okahandja sal niks verander nie. Die sogenaamde tuindorp sukkel met dienslewering as gevolg van binnegevegte, en die onmin in die dorpsraad verhoed dat besluite geïmplementeer word. Uutoni sê dis leierskap wat ontbreek.