Hou op om apartheid ens., te blameer!

Die IPC-party se Raadslid vir die Walvisbaai Stedelike Kiesafdeling Deriou Benson sê dit is hoog tyd dat die land se leiers ophou om die buiteland, apartheid en oorloë te blameer vir die land se maatskaplike uitdagings en ekonomiese inkrimping. Benson het in die Nasionale Raad gesê dit is onmoontlik om ‘n land te regeer as jy ontken dat jou ware verantwoordelikheid by die nakoming van landburgers se grondwetlike reg lê. Hy voeg by dat Swapo as regerende party sektore soos mynwese, visserye, landbou, toerisme en meer afgeskeep het. Almal behoort voordeel te trek uit die land se natuurlike hulpbronne.