Suid-Afrikaners kan steeds in behuising belê

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het die terugkoopkoers met 75 basispunte verhoog tot 6,25 persent. Die jongste verhoging in die terugkoopkoers volg op die vorige verhoging van 75 basispunte in Julie wat die koers toe verhoog het tot 5,5 persent. Die verhoging kom teen die agtergrond van die hoё inflasiekoers wat tans op 7,6 persent staan, aansienlik hoër as die mikpuntgrens van 6-persent. Die uitvoerende hoof van BetterBond, Carl Coetzee, sê die jongste verhoging maak dit steeds nie onmoontlik om ʼn huis te besit nie.