Dierewelsynsorganisasie is vies oor vuurwerke

Die Namibiese Dierewelsynsvereniging, Nawa, is woedend oor die feit dat die Windhoek Skou ‘n vuurwerkvertoning gaan aanbied. Volgens Heather Craemer, Nawa se voorsitter, is dit onsensitief teenoor al die diere in Stad Windhoek, sowel as die DBV in Windhoek wat naby die skougronde geleë is. Craemer sê aan Kosmos 94.1 Nuus hulle gaan ‘n betoging teen die vuurwerke hou.