Shireen is aspris geteiken en geskiet – ondersoek

‘n Gesamentlike ondersoek deur die Londense navorsingsgroep Forensic Architecture en ‘n Palestynse regtegroep, Al-Haq, het bewyse voorgelê dat die Palestynse joernalis, Shireen Abu Akleh, opsetlik vermoor is. Dit weerlê Israel se weergawe dat die moord op sy veteraan-joernalis ‘n fout was. Abu Akleh is op 11 Mei deur ‘n Israeliese sluipskutter in die kop geskiet terwyl sy oor ‘n weermagaanval aan die besette Wesoewer verslag gedoen het. Sy is van amper 200-meter ver geteiken. Die skerpskutter het ook enigeen geteiken wat Abu Akleh probeer red het. Daar is Dinsdag ‘n klag by die Internasionale Strafhof in Den Haag ingedien teen Israelse owerhede.