Nuwe maatreëls vir tweede-handse voertuie in Staatskoerant gepubliseer

Die Namibiese handelsministerie sê die verslapping in regulasies in verband met die invoer van tweede-handse voertuie is in die Staatskoerant gepubliseer. Die kabinet het die maatreël, wat toelaat dat voertuie ouer as agt jaar maar nie ouer as 12 jaar, ingevoer word, as verligtingsmaatreël vir die mark onder die huidige ekonomiese toestande, goedgekeur. Die verligting geld vir twee jaar, soos die ministerie se woordvoerder, Elijah Mukobonda, verduidelik.