Norma getuig weer vandag oor Malusi

Oudminister Malusi Gigaba se vervreemde vrou, Norma Mngoma, gaan na verwagting vandag oor Eskom getuig voor die staatskapingskommissie. Sy het tydens verlede maand se verskyning gesê Gigaba het geweet die Guptas het ‘n hand gehad in sy aanstelling en dié van Brian Molefe en Siyabonga Gama as uitvoerende hoofde van Eskom en Transnet. Mngoma beweer ook Ajay Gupta het aan Gigaba ‘n wit drie-reeks BMW present gegee. Die kommissie sal ook getuienis van twee anonieme getuies aanhoor oor die Staatsveiligheids-agentskap, en van Transnet se gewese finansiële hoof, Gary Pita.