Opposisie in SA ruk op teen Phala Phala 

Politieke partye ruk vandag op na die kantoor van die Openbare Beskermer in Hillcrest, Pretoria, om die vrystelling van die Phala Phala-verslag te eis. Die partye sluit die EFF, IVP, ACDP, UDM en Cope in. Volgens die partye oortree die waarnemende Openbare Beskermer, Kholeka Gcaleka, die Wet op Etiek vir Uitvoerende Lede deur nie die verslag binne 30 dae na die aanvanklike klag vry te stel nie. President Cyril Ramaphosa word daarvan beskuldig dat hy in 2020 die diefstal van ‘n groot hoeveelheid buitelandse valuta op sy plaas in Limpopo verswyg het.