Angolese in Namibië stem môre in Windhoek, Oshakati en Rundu
Meer as 2 000 Angolese burgers wat in Namibië woon en wat geregistreer het om in hul land se algemene verkiesings te stem, het môre die geleentheid om hul stemme in Windhoek, Rundu en Oshakati uit te bring. Alhoewel daar tienduisende Angolese woonagtig is in Namibië – baie as onwettige immigrante – het net effens meer as 2 000 geregistreer om hier te stem, terwyl baie ander blykbaar na hul land van herkoms begin terugkeer het om vir hul onderskeie politieke partye te stem. Volgens amptelike statistieke is 1 048 potensiële kiesers in Windhoek geregistreer, terwyl 840 en 300 onderskeidelik op Rundu en op Oshakati geregistreer is.