Almal wil Usyk en Fury weer saam in die bokskryt sien

Boks: Daar heers groot opgewondenheid oor die moontlikheid van ‘n geveg om die onbetwiste swaargewigkampioen van die wêreld te bepaal. Lennox Lewis van Brittanje was die laaste man wat al die swaargewigtitels in 1999 gehou het. Die Oekraïner, Oleksandr Usyk, het Saterdag sy WBA-, WBO- en IBF-titels behou toe hy Anthony Joshua geklop het. Hy vra nou vir ‘n verenigde kragmeting met die uitgetrede WBC-kampioen, Tyson Fury. Fury se promotor, Frank Warren, sê die geskiedkundige geveg sal wel plaasvind.