Nog kommentaar oor Amupanda se Jamaika-ekspedisie

Een van Namibië se bekende mediapersoonlikhede, Gwen Lister, het haar mening uitgespreek oor stadsraadslede wat oorsese reise onderneem. Lister het op haar Twitter-blad geskryf dat Windhoekse stadsraadslede nie om valse redes na die buiteland moet reis nie. Hulle moet dinge regmaak by die huis waar inwoners nóg ‘n elektrisiteitstarief-verhoging in die gesig staar en die koste van die gemors waarin ons is, bereken. Stadsraadslid dr. Job Amupanda het onlangs Jamaika op ‘n amptelike reis besoek. Imms Nashinge, woordvoerder van die Independent Patriots for Change, stem saam met Lister.