Namibië weet nog nie oor impak van verbod op veevervoer in SA nie

Namibië moet nog amptelike dokumentasie ontvang oor hoe die bek-en-klouseer vervoerbeperking in die buurland die plaaslike bedryf sal beïnvloed. Die Suid-Afrikaanse regering het die vervoer van bees in die buurland heeltemal opgeskort, behalwe vir vervoer na ‘n geregistreerde abattoir. Dit sal volgens berigte vandag in die staatskoerant gepubliseer word. Dr. Anja Boshoff, die Vleisraad se bestuurder vir vleisstandaarde gesels met Kosmos 94.1 Nuus…