Politieke ontleder oor buitelandse betrokkenheid by Israel-konflik

Die voortdurende Israel-Palestynse konflik wat op 6 Mei met Palestynse protesoptogte in Jerusalem begin het ná ses Palestynse families in ‘n buurt in Oos-Jerusalem uit hul huise verwyder is, vererger. Kommer heers oor ‘n volskaalse oorlog tussen Israel en die Palestyne en hul bondgenote. Politieke ontleder Christie Keulder verduidelik aan Kosmos 94.1 of Amerika en Iran betrokke kan raak of nie, en of die onrus in ‘n volskaalse oorlog kan ontaard.