All Blacks was doodeerlik met mekaar na loesing

Rugby: All Blacks-kaptein, Sam Cane, sê die leierskap in die span moet verantwoordelikheid neem wanneer hulle Saterdag die Springbokke in die tweede Rugbykampioenskaps-toets in Johannesburg aandurf. Die beleërde afrigter, Ian Foster, het vier veranderings aan sy span gemaak, insluitend Richie Mo’unga wat op losskakel sal begin in die plek van Beauden Barrett, wat na die bank toe geskuif is. Cane sê hulle was doodeerlik met mekaar nadat hulle die eerste toets in Mbombela met 26-10 verloor het.