Landbousensus kom met hulp van VN

Die VN se Voedsel- en Landbou-organisasie het kragte met die Namibiese Statistieke-agentskap saamgesnoer om ‘n landbou-sensus in die land uit te voer. Die organisasie het 3,4 miljoen Namibiese dollar bewillig. Die sensus sal 18 maande duur en is uiters waardevol vir beplanning vir die landbou-bedryf. Die landbouminister Calle Schlettwein, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.