Saftu gaan opruk teen kapitalisme

Die vakbondfederasie Saftu, gemeenskaps- en burgerlike organisasies en ander vakbonde gaan môre in Johannesburg byeenkom om ‘n program van aksie teen kapitalisme op te stel. Saftu se nasionale woordvoerder, Trevor Shaku, sê die stygende lewenskoste, beurtkrag en die privatisering van energie sal onder andere bespreek word. Shaku sê die privatisering van staatsondernemings is ook op die agenda.