Dis nat en koud oor baie dele van die landAugust 2, 2022

Buie en selfs donderbuie word vandag vir die streke van Karas, Hardap, Khomas en Omaheke voorspel met ryp in die sentrale dele. Volgens Odillo Kgobetsi, hooftegnikus by die Namibië Meteorologiese Dienste sal die bewolkte weer voortduur met reën wat kan voorkom oor dele van die Suide, sowel as die sentrale hoërliggende gebiede. Kgobetsi het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.