Teenkorrupsie-kommissie ontvang minder klagtes as vorige jaar

Die Teenkorrupsie-kommissie het 120 klagtes van korrupsie gedurende die 2020/2021 finansiële jaar ontvang, wat ‘n afname is van die 187 klagtes wat in die vorige jaar ontvang is. Volgens die kommissie se 2020/2021-jaarverslag, het slegs 50 van hierdie sake ondersoeke geregverdig, vergeleke met 61 sake wat in die vorige jaar ondersoek moes word. Hierdie syfers sluit nie sake in waarin fluitjieblasers aangeraai is om klagtes by ander relevante instansies aan te meld nie. Die oorblywende 63 sake is van die hand gewys weens onvoldoende bewyse of vae of ongestaafde inligting, terwyl sewe korrupsieverwante sake na ander instansies verwys is met ’n versoek van terugvoering. Die direkteur Paulus Nao, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.