Webb-ruimteteleskoop se kiekies betower

Die Amerikaanse President Joe Biden sê die eerste kleurfoto van die Webb-ruimteteleskoop is ‘n geskiedkundige oomblik vir wetenskap en tegnologie. Volgens internasionale media is die foto die verste, mees gedetailleerde infrarooi-foto van die heelal tot op hede. Die foto word vandag opgevolg met die bekendstelling van nog vier melkwegfoto’s van die teleskoop se aanvanklike beelde. Biden sê die foto is ook geskiedkundig vir sterrekunde, ruimte-ontdekking en die mensdom: