Namibiese regering werk steeds aan ekonomiese herstel ná Covid-19

Die Namibiese regering werk steeds aan herstelprogramme ná die Covid-pandemie om die lewensbestaan van Namibiërs te verbeter en werk te skep. Die adjunk- eerste minister van die land, Netumbo Nandi-Ndaitwah, het dit vandag in die nasionale vergadering gesê terwyl sy die kwessie van ekonomiese herlewing en die industrialiserings-proses bespreek het. Nandi-Ndaitwah het gesê Namibiërs moet die regering vertrou wat sy bes sal doen om werksgeleenthede te skep. Sy het verskeie sektor genoem…