Pres. Ramaphosa na G7-beraad in Duitsland genooi

Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa reis vandag na Schloss Elmau in die Federale Republiek van Duitsland. Hy sal môre op uitnodiging van kanselier Olaf Scholz aan die G7 se Leiersberaad deelneem. Die president se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê afgesien van die G7-lidlande, sluit die beraad uitgenooide nie-lidlande soos Suid-Afrika, Argentinië, Indië, Indonesië en Senegal in.