Vatikaan loof Amerikaanse hofbeslissing oor aborsie

Die Vatikaan het die Amerikaanse hooggeregshof se besluit oor aborsie geloof en gesê dit daag die wêreld uit om oor lewenskwessies te besin, maar het ook gevra vir maatskaplike veranderinge om vroue te help om hul kinders te behou. Die Vatikaan het ook in ’n verklaring gesê die verdediging van menselewe kan nie tot individuele regte beperk word nie omdat lewe ’n saak van “breë sosiale betekenis” is. Die oorheersend konserwatiewe hof het die geskiedkundige Roe versus Wade-besluit van 1973 omgekeer, wat ‘n vrou se reg op ‘n aborsie bekragtig. Amerikaanse President Joe Biden, ‘n Katoliek, het die omstrede hofuitspraak veroordeel en gesê dit ‘n hartseer dag in die geskiedenis van Amerika.