Danny Jordaan herverkies as president van Safa

Sokker: Danny Jordaan het sy pos behou as president van die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging. Die 70-jarige Jordaan sal nou ʼn derde termyn as hoof van Safa dien. Jordaan het 186 stemme op hom verenig by die vereniging se verkiesingskonferensie in Sandton. Die ander kandidate, Ria Ledwaba en Solly Mohlabeng, het onderskeidelik 27 en agt stemme getrek. Ledwaba sal nie langer op Safa se nasionale uitvoerende komitee dien nie. Jordaan sê hulle het groot vordering met geslagsgelykheid gemaak.