Forum vir Duitssprekende Namibiërs gestig

Die Forum van Duitssprekende Namibiërs is onlangs gestig. Sowat 100 lede het aan die digitale vergadering deelgeneem en as lede ingeskryf. Een van die hoofdoelwitte van die Forum is, om die Duitssprekende gemeenskap tot ‘n meer aktiewe deelname in die Namibiese samelewing te motiveer. Dit behels onder meer ‘n groter betrokkenheid in politieke, ekonomiese, sosiale en kulturele belange, volgens die beginsel van landsbelange voor groepsbelange. Harald Hecht, die Voorsitter, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.