Lewenskostes: Oorlog kan nog ‘n jaar duur

Die Buro vir Marknavorsing aan Unisa sê dit is moeilik om te voorspel hoe lank die huidige tydperk van hoë lewenskoste sal duur. Die wêreld beleef na Covid-19 voorraadketting-ontwrigtings, hoë inflasie en ‘n styging in brandstof- en elektrisiteitspryse. Die senior navorser Jacolize Meiring sê al die faktore het bygedra tot die hoë lewenskoste wat tans ondervind word. Volgens Meiring het die konflik tussen Rusland en Oekraïne sake vererger en kan nog tot die einde van die jaar duur: