Brandstofprys het beduidende impak op Wes-Kaapse boere

Die uitvoerende hoof van Wes-Kaap Agri in Suid-Afrika, Jannie Strydom, sê die petrol- en dieselprysstygings gaan die landbousektor hard slaan. Die Wes-Kaap is een van die land se hooflandbouprovinsies. Strydom voeg by met die plantseisoen wat sy einde nader, sal produsente die huidige brandstofprysstygings moet absorbeer.