Interpol in SOAG is bekommerd oor toename in kubermisdade

Interpol in die Suider-Afrika Ontwikkelingsgemeenskap-streek is bekommerd oor die toename in kubermisdade. Dit kom te midde van die opkoms van nuwe terroristegroepe wat waarskynlik die streek se bestendigheid gaan bedreig. Die Suid-Afrikaanse polisiekommissaris, Fannie Masemola, glo oorgrens-georganiseerde misdaad tref die streek swaar. Die opmerkings is gemaak tydens die Suider-Afrika Streekspolisiehoofde-samewerkings-organisasie se jaarvergadering in Pretoria. Masemola vra sterker vennootskappe om kubermisdaad te beveg.