Mededingingskommissie hou konferensie oor samesmelting van NBL, Distell en Heineken

Die Namibiese Mededingingskommissie nooi belanghebbendes uit na ‘n konferensie oor die voorgenome samesmelting van Heineken International, NBL Investment Holdings Limited, Distell Group Holdings Limited, Namibia Breweries en Distell Namibia Limited. Die konferensie sal plaasvind op 9 Junie vanaf nege-uur die oggend by die Safari Hotel en Konferensiesentrum in Windhoek. Die transaksie behels dat Heineken beplan om Namibia Breweries oor te neem en die brouerye vir Distelle Namibia. Heineken International sal uiteindelik beheer oor NBL en Distell hê. Belanghebbendes word genooi om mondelinge of geskrewe voorstelle oor die voorgenome samesmelting  voor of op die konferensie te maak.