VN-hoof gaan voort met samesprekings oor uitvoer van graan uit Oekraïne
‘n Koördineerder van die Verenigde Nasies sal vandag in Moskou samesprekings voortsit met Russiese amptenare oor maniere om die uitvoer van graan en ander voedsel vanuit Oekraïne se hawens aan die Swartsee te verseker. Die Ondersekretaris-Generaal vir Humanitêre Sake en Hulpverlening, Martin Griffiths, sal die Verenigde Nasies verteenwoordig. Interfax berig Rusland se ministerie van verdediging het aangekondig vaartuie wat graan vervoer, sal toegelaat word om die hawens deur humanitêre deurgange te verlaat met ‘n veiligheidswaarborg. Die Russies-Oekraïnse oorlog veroorsaak steeds ‘n wêreldwye voedselkrisis.