SA moorde styg 22%

Die Suid-Afrikaanse minister van polisie, Bheki Cele, gaan na verwagting vandag die kwartaallikse misdaadsyfers bekendmaak. Hy gaan besin oor misdaad wat gepleeg is in die vierde kwartaal van die 2021/22-boekjaar. Dit handel oor alle misdaad wat tussen 1 Januarie en einde Maart vanjaar aangemeld is. Die nuuskonferensie begin 12-uur in Pretoria. Meer as ‘n duisend moorde is in die eerste drie maande vanjaar in Suid-Afrika gepleeg, 22 persent meer as in dieselfde tydperk as die vorige boekjaar.