Chinese sakevrou gooi glo urine op Namibiese handelaar
Die Namibiese polisie se inspekteur-generaal Sebastian Ndeitunga het opdrag gegee dat ‘n Chinese sakevrou weer in hegtenis geneem word nadat sy Donderdagnamiddag in hegtenis geneem en weer vrygelaat is nadat sy glo urine op ‘n Namibiese handelaar en dié se goedere gegooi het. Die voorval het plaasgevind by die Stop and Shop in Okuryangava in Windhoek. Die Chinese vrou is aangekla van opsetlike beskadiging van eiendom en crimen injuria, maar terselfdertyd vrygelaat. Omstanders het Windhoekse stadspolisiebeamptes daarvan Chinese vrou spesiale behandeling kry omdat sy in ‘n ongemerkte sedanvoertuig vervoer is, terwyl die klaer in ‘n polisiewa vervoer is. Stadspolisiehoof Abraham Kanime het egter gesê hy het die Chinese vrou teen die woedende gemeenskap probeer beskerm. Ndeitunga het gesê hy het opdrag gegee dat die verdagte vrou in hegtenis geneem en aangehou word totdat die hof borgtog aan haar gee.