Politieke ontleder: Ramaphosa kan nog politieke aanvalle verwag
Die Suid-Afrikaanse politieke ontleder, Theo Venter, sê President Cyril Ramaphosa kan nog politieke aanvalle verwag in aanloop tot die ANC se nasionale konferensie in Desember. Dit volg nadat die voormalige spioenbaas Arthur Fraser ‘n saak van beweerde geldwassery, regsverydeling en ontvoering teen die president aanhangig gemaak het. Dit hou verband met die beweerde diefstal in 2020 van 62 miljoen rand op Ramaphosa se plaas in Limpopo. Die president ontken dat hy iets verkeerd gedoen het. Venter sê dit sal Fraser niks baat om op die President jag te maak nie. Intussen berig die Namibiese dagblad Republikein dat Ramaphosa se gesteelde geld glo na Namibië gesmokkel is.