Vierde Industriële Revolusie-konferensie en -ekspo volgende week aangebied

Na die aanstelling van agt lede van Namibiese Vierde Industriële Revolusie-taakmag deur President Hage Geingob op 01 Julie 2021 vir ‘n tydperk van twaalf maande, sal die taakmag en ander belanghebbendes gasheer wees van die eerste Namibiese Vierde Industriële Revolusie-konferensie en -ekspo van 7 tot 8 Junie 2022 in Windhoek. Die tema vir die konferensie is “4IR as an enabler of green and inclusive industrialization.” President Geingob sal die konferensie amptelike open wat deur plaaslike streeks- en internasionale afgevaardigdes bygewoon sal word. Op 7 Junie sal ‘n ekspo aangebied word wat vir die publiek oop is vanaf tien-uur die oggend tot vyf-uur die middag.