Harry en Meghan-dubbelgangers kry hul (karton-) balkon-oomblik
Prins Harry en sy vrou, Meghan, het toe wel hul oomblik in die son gekry op die vooraand van sy ouma, Koningin Elizabeth, se platinum jubileum-naweek – alhoewel dit dubbelgangers op ‘n kartonbalkon by die Toringbrug in Londen was. Die egpaar is nie na die vieringe genooi nie, omdat hulle uit die openbare lewe onttrek het, maar ‘n kunstenaar het die toneel geskep, wat uiters eg lyk. Die akteurs Rhys Whittock en Danielle Bourne het Harry en Meghan uitgebeeld wat vir die skare bewonderaars waai.