SAPS in Gauteng soek onwettige wapensMay 10, 2021
Die polisie in Gauteng is steeds besig met ‘n veldtog teen onwettige vuurwapens. Hulle het tydens ‘n operasie van sewe dae op meer as 40 vuurwapens in verskeie dele van die provinsie beslag gelê. Meer as 480-rondtes ammunisie is ook gekonfiskeer. ‘n Polisiewoordvoerder, Mavela Masondo, sê drie sekerheidswagte is in Germiston, Ekurhuleni, aangekeer ná hulle in besit van ses onwettige vuurwapens betrap is.